Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 29 JANUARIE 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

INTEGNET IS TERUG

SARL STEL ‘N NUWE ERE=REGSADVISEUR AAN

7 135 kHz DIE FREKWENSIE OM TE GESELS OOR BHF

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

INTEGNET IS TERUG

Die eerste INTEGNET van 2012 sal op Sondag 5 Februarie gehou word. Geskiedenis sal gemaak word wanneer die lede van die Namibiese Amateurradioliga by die eerste INTEGNET sal aansluit. Die NARL se herhaler in Windhoek sal gekoppel word om Namibiese amateurs die geleentheid te gee om deel te neem aan die besprekings.

Die onderwerp is: “Beter DX-werking met voortplantingsvoorspellings”. Twee sprekers sal na die wetenskap van voorspelling en praktiese toepassings kyk. ‘n Wetenskaplike van SANSA se Ruimtewetenskappe in Hermanus sal praat oor hoe voorspellings gemaak word en Hannes Coetzee, ZS6BZP, sal ook na die praktiese aspekte van die gebruik van voortplantingsvoorspellings kyk en hoe om hulle ten beste te gebruik. Skryf die datum op in jou dagboek. Indien jy jou herhaler wil laat koppel stuur ‘n versoek teen Maandag 30 Januarie aan artoday@satl.org.za.

SARL STEL ‘N NUWE ERE=REGSADVISEUR AAN

Die Raad van die SARL het Johannes Marais as regsadviseur aangestel. Hy is die eienaar van ‘n regspraktyk is Stellenbosch. Johann is visevoorsitter van 4WDCSA, Wes-Kaap en ‘n lid van HAMNET. Hy bestee die meeste van sy amateurtyd aan navorsing en reddingsoperasies en is ‘n aktiewe lid van die Veldrit Reddingseenheid en voorsitter van die Wildernis Soek- en Reddingstrust.

7 135 kHz DIE FREKWENSIE OM TE GESELS OOR BHF

Indien BHF jou passie is, laat ‘n ontvanger ingestel op 7 135 kHz bly. Dit is die frekwensie waarop ‘n groep amateurs besluit het om skeds te hou, BHF-openings en BHF-operasie te bespreek. Die idee is die van John, ZS6JON, en Mike, ZS6TAF.

“Mens besef dat die internet die maklikste manier is maar alle amateurs het nie INTERNET 24/7 nie. Sommige het nie eens INTERNET in die hok nie” sę John, ZS6JON. “Ons lees moontlik die kontakverslae op e-pos of op die forum wanneer hulle eers daar geplaas is. Dis te laat om volle gebruik van die opening te verkry. Aangesien die meeste amateurs ‘n ekstra radio of ontvanger het wat aangeskakel kan bly en aangesien die 40 meterband die algemene en baie aktiewe band in Suid-Afrika is sal dit die ideale band wees om BHF-bandopeninge landwyd en vir die buiteland aan te kondig. Nadat rondgeluister is het dit voorgekom dat 7 135 kHz ‘n goeie keuse sal wees” sę John.

WĘRELDRADIOKOMMUNIKASIEKONFERENSIE 2012 SAL SEKONDĘRE MF-FREKWENSIE TOEKENNING VIR AMATEURS OORWEEG.

Die Węreldradiokommunikasiekonferensie het Maandag 23 Januarie in Genčve, Switserland, begin. Afgevaardigdes sal die radioregulasies en die internasionale ooreenkoms wat die gebruik van spektrum en satellietbane reguleer, nagaan en hersien. Een van die items wat deur WRC-12 oorweeg gaan word is Agenda item 1.23: die toekenning van omtrent 15 kHz in gedeeltes van die 415-526,5 kHz op ‘n gedeelde basis aan die Amateurdienste, met inagneming van huidige dienste.

Dit word verwag dat meer as 3 000 deelnemers, wat meer as 150 van die 193 lede van die Internasionale Telekommunikasieunie verteenwoordig, die konferensie sal bywoon. Omtrent 100 waarnemers vanuit die ITU se 700 privaat lede, tesame met internasionale organisasies, wat die Internasionale Amateurradiounie insluit is ook teenwoordig. ‘n Aantal van die WRC-12 afgevaardigdes is radioamateurs.

Op die eerste dag van WRC-12 het verskeie belangstellendes verskeie maniere voorgestel van hoe die sekondęre toekenning geďmplementeer moet word, terwyl sekeres nie daarin belangstel om wysigings te maak wat dit sou toelaat nie. Die Europese lande, verteenwoordig deur die CEPT het ‘n 8 kHz wye band aangebied tussen 472 en 480 kHz. CITEL, wat die Amerikas verteenwoordig het voorgestel dat die sekondęre toekenning tussen 461 en 469 kHz en 471 tot 478 kHz moet wees. Colin Thomas, G3PSM, het die CEPT-voorstel aangebied, terwyl die ARRL se Tegniese Verhoudingspesialis Jon Silverling, WB3ERA, die eer gehad het om die CITEL-voorstel aan die Konferensie voor te lę.

IARU President, Tim Ellam, gebruik Twitter om belangstellende amateurs op die hoogte te hou oor wat by WRC-12 aangaan. Volgens sy twiet steun die Afrika Telekommunikasieunie, die Oos-Afrikaanse Gemeenskap, die Asië-Stille Oseaan Telegemeenskap en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap ook ‘n MF sekondęre toekenning aan die amateurdiens. Die Streeksgemeenskap in die gebied van kommunikasie verteenwoordig Rusland en het geen verandering aan die huidige frekwensie toekenning voorgestaan, en hulle sodoende met die Arabiese State, Sjina en die Internasionale Maritieme organisasie vereenselwig. Jy kan Ellam op twitter.com/Iaru_President volg. Gedurende WRC-12, sal 4U1ITU – die ITU-hoofkantoorstasie die roepsein 4U1WRC gebruik.

INTERNASIONALE SAMEWERKING VERWYDER WIT GERAAS OP 40 METER

Steuring vanaf “All India Radio” op die 40 meterband is ge-elimineer. Wolfgang Hadel, DK2OM, in Siegbach, Duitsland rapporteer dat in Desember het hy en Peter Jost, HB9CET, van Zurich in Switserland steurings, wat wit geraas genoem word, in die 40 meterband vanaf 6 960 tot 7 040 kHz en ook op 7 820 kHz ondervind. Berekenings deur DK2OM het getoon dat die die middelpunt van hierdie steurings op 7 410 kHz voorkom, 'n frekwensie wat deur “All India Radio” gebruik word. Hierna het die Duitse en Switserse Departemente van Pos en Telekommunikasie betrokke geraak. Beide het amptelike klagtes by hul ampsgenote in Indië aanhangig gemaak. VU2GMN het bystand verleen deur ‘n persoonlike klagte te lę.

Die oortredende sender wat naby Nu Delhi geleë is, is op 13 Januarie as herstel, gerapporteer.

HAMNET SUID-GAUTENG-VERGADERING

Hamnet Suid-Gauteng hou ‘n vergadering op Donderdag 2 Februarie 2012. Die plek vir die vergadering is 9de Benoni Scoutsaal, Arrowpark in Benoni.
Die vergadering is geskeduleer vir 19:00 tot 21:00.
Besprekings sal die Ry-vir-Sig en Karnaval Mac Steel fietsrenne in Februarie insluit.

HAMWAN en APRS is ook op die agenda.
Kom sluit by hulle aan en dien jou gemeenskap.

KLUBNUUS

Saterdag 4 Februarie, hou die Oosrandtak van die SARL 'n vlooimark. Die tyd is 12:00 tot 15:00 en sal gehou word in die Scouts Arrow Park in Benoni. Die park is langs Ebenezerstr, Kleinfontein landbouhoewes in Benoni en is net af van die Atlaswegafrit op die N12-oos. Daar sal kos en koeldrank beskikbaar wees. Vir enigiemand wat 'n tafel wil bespreek, kontak asb. die klubsekretaris Judy, ZS6JDY, via zs6jdy@vodamail.co.za.

KOMPETISIENUUS

ANTIEKE RADIOASSOSIASIE GG-AKTIWITEITSDAG

Datum: Sondag 5 Februarie vanaf 15:00 tot 19:00 SAT.
Bande en frekwensies: 80 m, 3 510 tot 3 560 kHz; 40 m 7 000 tot 7 040 kHz; 20 m 14 000 tot 14 060 kHz.
Kategorieë: a. Enkeloperateur, alle bande, Laekrag (Maksimum 100 W)
b. Enkeloperateur, alle bande, QRP (Maksimum 5 W)
c. Enkeloperateur, enkelband, Laekrag (Maksimum 100 W)
d. Enkeloperateur, enkelband, QRP (Maksimum 5 W)
Ruil uit: RST, Operateur se naam en Ruitverwysing.
Telling: 1 punt vir laekrag en 2 punte vir QRP.
Toekennings: Sertifikate sal toegeken word vir hoogste tellings in die kategorieë.

Logs gestuur te word aan: Suidelike Afrikaanse Antiekeradioassosiasie,
Posbus 12320
Benoryn,
1504.
E-pos : andyzs6ady@vodamail.co.za.
Sluitingsdatum vir indiening van logs: Maandag 20 Februarie 2012.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteit in terme van sonfakkels besig is om af te neem na Maandag se reuse M-klas fakkel. Sonvlek 1 402 is tans die grootste sigbare sonvlek en produseer C-klas fakkels van tyd-tot-tyd. Die ander sonvlekke is besig om te krimp en sal binnekort weg van die aarde af roteer.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week ongeveer 64.

20 tot 10 m gaan pret wees met verskeie openinge gedurende die verloop van die dag. Die hoër bande sal tipies eerste oopmaak om dan later deur die laer bande gevolg te word.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

31 Januarie - Laaste dag vir insending van nominasies vir SARL-Raadslede en mosies vir die SARL se AJV in 2012.
31 Januarie - Sluitingsdatum vir insending van voorgestelde verhandelings vir SA AMSAT se Ruimtesimposium aan saamsat@intekom.co.za.
2 Februarie – Hamnet Suid-Gauteng hou vergadering
4 Februarie – Tak ERB hou ‘n vlooimark
5 Februarie – Eerste INTEGNET van die jaar
5 Februarie – Antieke Radioassosiasie se GG-kompetisie van 15:00 tot 19:00.
20 Februarie – Laaste dag vir indiening van Logs vir Antieke radioassosiasie se Kompetisie.

Onthou, u kan steeds nominasies instuur vir die SARL-toekennings wat gedoen sal word tydens die galadinee wat ook gedurende die naweek met die 2012 SARL-AJV sal plaasvind. Stuur nominasies aan secretary@sarl.org.za.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Gustav, ZS6BWN.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003